Publius Quinctilius Varus

Varus ontvang Germaanse leiers

Publius Quinctilius Varus (46 v.C., Cremona – 9 n.C., Teutoburgerwoud) was 'n Romeinse generaal en politikus onder die eerste Romeinse keiser, Augustus Octavianus. Varus word veral onthou vanweë die feit dat drie Romeinse legioene onder sy bevel verslaan is toe hy in 'n lokval gelei is deur Germaanse stamme onder leiding van Arminius tydens die Slag by die Teutoburgerwoud, waarna hy sy eie lewe geneem het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search